top of page

Die volle storie ...

ONS SKOOL

​​

Die eerste skooltjie word in 1896 op die wal van die Buffeljagsrivier gebou, toe die hoofpad nog die wapad tussen Heidelberg en Swellendam was. Dit maak Laerskool Buffeljagsrivier een van die oudste skole in die omgewing. 

Die rugbyveld was destyds ‘n skenking van Oom Hermanus Steyn aan wie die aangrensende plaas behoort het.  Ook die “onderwyswoning” is deur die aangrensende boer geskenk.

In 1945 word ‘n aparte klaskamer vir die skoolhoof gebou.

‘n Kerksaaltjie, wat tans die skoolsaal is, is toe aan die skool geskenk en so het die huidige Laerskool Buffeljagsrivier sy ontstaan gehad. Die gebou is met afskortings in klas kamers verdeel.

‘n Hoogtepunt was die koms van skooldrag in die tweede helfte van die sestigerjare.

Gedurende 1990’s vind die volgende veranderings op die skoolgrond plaas:

  • die kantoor vir die sekretaresse en ‘n rekenaarlokaal word aangebou;

  • ‘n kleuterskool is ingerig;

  • rugbypale en ‘n pawiljoen is opgerig;

  • ‘n tweede netbalbaan word aangebou

Gedurende Augustus 2006, presies 100 jaar later en in die 110 bestaansjaar van Laerskool Buffeljagsrivier, tref ‘n soortgelyke vloed Buffeljagsrivier. Die skool staan nou veel hoer op en oorleef die vloed.

In 2012 word die twee boomklaskamers gebou.

Die voortbestaan van die skool was in die later jare ‘n groot bekommernis, maar met toewyding en samewerking van die personeel, bestuursraad en ouers gaan Laerskool Buffeljagsrivier van krag tot krag deur die genade van die Here en die ywer van mense wat dit liefhet. Mag dit so bly.

ONS SKOOLWAPEN

Die skoolwapen is in 1965 deur Oom Danie Franken ontwerp. 

Die krulle om die wapen is eers met die skool se eeufeesviering in 1996, aangebring.

 

Ons leuse:  EENHEID IN STREWE

ONS SKOOLLIED

DIE PREFEKTE van 1997 het n kompetisie uitgestuur op soek na woorde vir n SKOOLLIED.  Die finale produk is aan musiekmense voorgele en nadat almal tevrede was, is die nuwe Skoollied, met goedkeuring van die Beheerliggaam aanvaar.

Piano Keyboard Closeup

KONTAK ONS

  • Instagram
  • Facebook

ADRES

Tel: 028 512 3655

 

Email: lsbuffeljagsrivier@gmail.com

© Copyright 2026 by

Laerskool Buffeljagsrivier.

Olivedale weg

Buffeljagsrivier

Swellendam

6742

bottom of page