top of page

Juf. Danike de Wet
Graad 2

Dit is ‘n opwindende en belangrike jaar! In ons Graad 2 jaar streef ons daarna om onafhanklikheid, selfbeheer, selfdissipline, selfvertroue en respek vir die omgewing te ontwikkel. Ons gaan ‘n besige en produktiewe jaar hê, gevul met baie geleenthede en kans vir leer. In die Graad 2 klas streef ek jaar na jaar daarna om elke leerder as ‘n individu raak te sien en so elkeen se besonderse behoeftes
aan te spreek. Die rustige, kalm manier van onderrig in die klas laat leerders veilig voel.

“Gee elke leerder ‘n geleentheid om self te ontdek.”


Die leuse wat reg deur die jaar in die graad 2 klas staan. Ons is almal gemaak om WENNERS te wees. Mag jou graad 2 jaar , die jaar wees waar jy elke oggend met ‘n opgewondenheid opstaan en weet vandag gaan ‘n GOEIE dag wees! In hierdie klas werk ons hard, luister ons mooi en gee altyd ons beste!

Ons gaan elke einde van die jaar as deel van ons afsluiting op ‘n heerlike Grondslagfase uitstappie.
In my jare al by die Buffeltjies was ons Artscape teater toe in die Kaap om "Vlooi" op die planke te gaan kyk.  Hierdie jaar gaan ons Oudtshoorn toe. Ons gaan die Cango grotte besoek asook die Cango Wildlife Ranch.


As deel van ons kurrikulum(mense in ons gemeenskap) besoek die polisie ons by die skool en kry ons die geleentheid om in ‘n regte vangwa te klim.

    Ken jou juffrou

    Ek studeer B.Ed Grondslagfase by CPUT Wellington 2015 - 2018

    Ek is MAL oor skoolgee! Glo dit of nie, om vir 2 jaar nie voor my eie klas te gestaan het nie was vreeslik!

    Ek geniet rekenaar werk, organiseer en regpak. 

    Ek is lief vir arts and crafts, legkaarte bou (hoe meer stukke hoe beter), blokkiesraaisels, en om tyd saam met my honde-kinders en geliefdes te spandeer. 

    Ek is lief vir melkkos, pannekoek, my pa se skenkelpotjie en my ma se gekookte kos. 

    Gunsteling kleur: Diep rooi 

    Hoe ken jy my uit: my lippe is altyd "ingekleur" 

    My moto: sprei jou vlerke en vlieg hoog! 

    Interessante feit: ek het vir 2 jaar in Amerika gebly.

    Belangrike inligting vir graad 2

    Klastye: 07h30 - 13h30

    Dis baie belangrik dat elke leerder hulle naam en van ken.
    Ken mamma en pappa se naam en telefoonnommer.
    Leer u kind om verantwoordelik te wees en hul goed op te pas.
    Leerders moet elle oggend eet voordat hul skooltoe kom en genoeg slaap inkry sodat hulle vars kan wees.

     

    KONTAK ONS

    • Instagram
    • Facebook

    ADRES

    Tel: 028 512 3655

     

    Email: lsbuffeljagsrivier@gmail.com

    © Copyright 2026 by

    Laerskool Buffeljagsrivier.

    Olivedale weg

    Buffeljagsrivier

    Swellendam

    6742

    bottom of page