top of page

Laerskool Buffeljagsrivier

Netbal





Buffeltjie-netbal het spanne vanaf 0/7 – 0/13. Elke span het hul eie afrigter en spelers kry lekker geleenthede vir ontwikkeling.
In Graad R leer ons maats al basiese netbalvaardighede en kry ook geleentheid om saam met die Graad 1’s wedstryde te speel.
In die Grondslagfase fokus ons veral op balvaardighede en leer ons om ons voete reg te gebruik! Ons speel verskeie mini-netbal toernooie en staan nie terug vir groter skole nie! Ons 0/10 – 0/13 netbalspanne floreer pragtig en staan nie terug vir enige opponente nie!Ons dogters speel pragtige netbal en is altyd leergierig om nóg meer te ontwikkel!
Vanaf 2025 toer die netbaldogters elke jaar en wat `n onvergeetlike geleentheid is dit nie!
bottom of page