top of page

Juf. Jolindie van  Schalkwyk
Gr.3

Baie welkom in Graad 3!
Hier werk en leer ons baie hard, ons lewe elke dag voluit, ons leer van mekaar en ons respekteer mekaar. Ons leer dat Liewe Jesus ons elkeen uniek gemaak het en dat ons onsself moet "embrace".
Hier in Graad 3 leer ons soveel meer as net oor skoolwerk. Ons leer oor en deel in mekaar se lewens, ons kweek lewenslange vriendskappe en ons groei in ons eie uniekheid in `n veilige omgewing!


Aan die einde van graad 3 stap jy weg as die grootste, mooiste en helderste sonneblom in Jesus se blomtuin, jy laat groot voetspore in Juffrou se hart agter en jy het genoeg ammunisie om die wêreld aan te pak!

    Ken jou juffrou

    Ek studeer aan CPUT Wellington, B.Ed. Grondslagfase

    Ek is lief vir enige iets kreatief doen (verf die meeste), buite aktief wees en tyd met my gesin en diere spandeer. 

    Gunsteling kos: Avo, kaas en popcorn is vir my lekker. 
    My gunsteling soort kos is Mexican.

    Belangrike inligting vir graad 3

    Klastye: 07h30 - 14h30

    Uitstappies en spesiale Graad 3-dinge
    1. Aan die einde van elke tweede jaar gaan ons saam met die Graad 1- en 2-maats op `n onvergeetlike uitstappie.
    2. In Graad 3 leer ons Wiskunde op tablette! (Hoe cool is dit nie?)
    3. In Graad 3 gebruik ons ons interaktiewe witbord optimaal!
    4. In Graad 3 het jy die lekkerste boekrak met die lekkerste boeke!
    5. In Graad 3 BLOM ons elke dag!

    KONTAK ONS

    • Instagram
    • Facebook

    ADRES

    Tel: 028 512 3655

     

    Email: lsbuffeljagsrivier@gmail.com

    © Copyright 2026 by

    Laerskool Buffeljagsrivier.

    Olivedale weg

    Buffeljagsrivier

    Swellendam

    6742

    bottom of page